"Seejol... het 'n Blye Vooruitsig vir 2022!" 

Seejol 2022 kamp weer gedurende die Junievakansie - inskrywings nou oop!!

 


Tuisblad
Kursusse
Inskrywings
Kontak Ons
Fotoblad

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

"Word wakker, word wakker,

daar onner inni bakke. . ."

 

BAIE BELANGRIKE INLIGTING RAKENDE COVID:

SEEJOL SE INSKRYWINGS VIR 2022 SAL VOORLOPIG NORMAAL GESKIED.

KAMPGELDE BELOOP R2800

INDIEN DIE KAMP A.G.V. COVIDREGULASIES GEKANSELLEER WORD, SAL SEEJOL DIE VOLLE KAMPGELDE VAN R2800 TERUGBETAAL.

 

 

 

 Warm nuus: Seejol bied vanjaar wéér Branderry aan!

 

Seejol Seekamp vir Verkenners van Die Voortrekkers, vind jaarliks in 'n vakansie-atmosfeer te Hartenbos aan die Kaapse Suidkus plaas. Senior Matrose kan ‘n verskeidenheid van avontuurlustige kursusse op die Vaart meemaak.  Jonger Matrose leer meer oor die see, strand en alles wat daarmee saamgaan.

'n Atmosfeer van vakansie word geskep – dit is immers ‘n seekamp!

          Die jolige atmosfeer van die Vaart sorg dat Matrose jaar na jaar terugkeer vir nuwe uitdagings en herinneringe.

 

Kampinligting is beskikbaar in Die Deining, Die Vaart se kamp- en inligtingsbrief. Laai Die Deining af onder "Inskrywings" of deur hier  te klik.

 

Verskeie kursusse word aangebied vir Matrose (Verkenners) vanaf Graad 8 tot Graad 12, wat hoofsaaklik met aktiwiteite rondom die see en seelewe te doen het.

'n Kursus vir volwassenes word ook aangebied in die vorm van 'n Spesialisasie by name: Seekunde (Dekhande).  Volwassenes doen daarna diens as Diensoffisiere of by Steundienste.

 

Kom vaar vanjaar saam en word deel van 'n

"Aksiebelaaide Vaart" waar elkeen spesiaal is!

- Skeepslog -

- 2022 -

 

Kampdatums:

 

Vrydag 24 Junie 2022

 tot

Sondag 3 Julie 2022

 

Kampkostes (2022):

 

 Matrose:

 

     Alle Matrose:   R2800

    

   

  

 Offisiere:

   

     Alle Offisiere:  R1150

     Kombuis:          R500

 

 Offisiere in opleiding:

 

     Dekhande:       R1150

  

   

INSKRYWINGS vir 2022 nou oop! 

 

Klik Hier

vir

Inskrywings

 

  

Hierdie webblad was 21/03/2022 opgedateer